If you are experiencing difficulty please contact us at
Tel no: +27 (0) 12 326 6770 or email us at besprekings@kultuurtuiste.org.za
Nagtoermaraton (21 September 2024) - Sessie 1
21/09/2024 17:00-20:00
September is Erfenismaand en watter beter manier om dit te vier as met ’n nagtoer deur jou gunstelingkultuurtuiste.
Vanaf 20-27 September bied ons vir jou die geleentheid om die geheime van die Monument te ontdek met ’n spesiale begeleide toer. Beleef hoe die friespanele lewend word, ervaar die donker-seer verlede, die uitroep na hulp! Kom beleef hoe geloof jou red. CJ Langenhoven het gesê: “Waar daar swaarkry en hartseer is, is daar ook altyd hoop.”
Wat is ingesluit?
- Aandete en ander verversings
- Nagtoer met 'n gids
- Verrassingselement (optredes deur ons eie akteurs, musiek en sang)
Groepbesprekings kan by Johan de Bruin (johandebruin@kultuurtuiste.org.za) gemaak word. 'n Groepbespreking sluit al 35 kaartjies en word dit verkies dat groepe uit 35 mense saamgestel word.
Program vir die aand:
- Gaste arriveer en aandete word bedien
- Toer begin in die Heldesaal
- Senotaafsaal
- Vrijheidsreis
- Verversings en koffie in die tuin