Online Tickets - Die Voortrekkermonument | The Voortrekker Monument

If you are experiencing difficulty please contact us at

Tel no: +27 (0) 12 326 6770 or email us at besprekings@kultuurtuiste.org.za

Nagtoermaraton (21 September 2024) - Sessie 2

21/09/2024 18:00-21:00

Volwassene (6 avail) - R650.00

September is Erfenismaand en watter beter manier om dit te vier as met ’n nagtoer deur jou gunstelingkultuurtuiste. 

Vanaf 20-27 September bied ons vir jou die geleentheid om die geheime van die Monument te ontdek met ’n spesiale begeleide toer. Beleef hoe die friespanele lewend word, ervaar die donker-seer verlede, die uitroep na hulp! Kom beleef hoe geloof jou red. CJ Langenhoven het gesê: “Waar daar swaarkry en hartseer is, is daar ook altyd hoop.”

Wat is ingesluit?

  • Aandete en ander verversings
  • Nagtoer met 'n gids
  • Verrassingselement (optredes deur ons eie akteurs, musiek en sang)

Groepbesprekings kan by Johan de Bruin (johandebruin@kultuurtuiste.org.za) gemaak word. 'n Groepbespreking sluit al 35 kaartjies en word dit verkies dat groepe uit 35 mense saamgestel word.

Program vir die aand:

  • Gaste arriveer en aandete word bedien
  • Toer begin in die Heldesaal
  • Senotaafsaal
  • Vrijheidsreis
  • Verversings en koffie in die tuin